Natural Edge - Rooi Ivoor Vaas

1 item left

Hierdie handgedraaide Rooi Ivoor-vaas deur Louis Hartley van Natural Edge is ’n eerlike viering van natuur en vakmanskap.

 

Volgens Louis was die hout helderrooi toe dit vars van die draaibank af gekom het. Met tyd het dit natuurlik verouder tot die sagte salmkleur wat vandag sigbaar is — 100% natuurlik, sonder enige kleurstowwe of behandeling.

 

Die vaas is glad en sag afgewerk, maar behou doelbewus sy natuurlike klenbarsies en die fyn spore waar wurms die hout gevorm het. Hierdie onvolmaakthede is nie weg gesteek nie, maar word eerbiedig as deel van die stuk se storie — en maak elke vaas een-van-’n-soort.

 

’n Tydlose kunswerk waar natuur, tyd en handewerk in balans saamkom.

Afmetings: 29,5cm Hoog, 20,5cm Diameter

#NaturalEdge

#LouisHartley

#RooiIvoor

#Handgedraai

#FineWood

#FunctionalArt

#OneOfAKind

#NaturalBeauty

#WabiSabi

#SlowCraft

#SouthAfricanArt

#InteriorStatement


Type: Unknown Type



Previous

Customer Reviews

Be the first to write a review
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)