NEW SUPPLIER APPLICATION

#ShopLocal

#Localislekker

2020, wat ‘n Jaar! Ons verstaan dat daar baie mense is wat van taktiek moes verander, en ander wat baie meer tyd by die huis kon deurbring vir die eerste keer.

Wat ook meer belangriker as ooit geword het, is dat ons mekaar plaaslik ondersteun. As deel van die #SupportLocal veldtog van Annie Sloan, is ons opsoek na nuwe vervaardigers. 

As jy nuwe kreatiwiteit ontdek het (wat jy nie eers geweet het jy het nie!) gedurende die grendeltydperk, of 'n alternatiewe inkomste op die been moes bring, wil ons graag jou storie hoor & jou produkte sien.

Die maak van ‘n produk is die eerste helfte van die storie, ons ken die ander helfte goed en wil graag hande vat met ‘n paar individue of klein besighede wat produktelyne vervaardig wat by ons winkel se styl inpas.

Word deel van ons Clarens Interiors familie.

Vul asb die kontakvorm in sodat ons vir jou 'n aansoekvorm kan aanstuur. Slegs funksionele items sal oorweeg word. (Dit moet mooi wees, en daar moet 'n gebruik daarvoor wees in jou huis.)

Wie weet, jou produkte pronk dalk een van die dae op ons rakke en ons webwerf.

 

Terme & voorwaardes geld.

 

clarensinteriors@telkomsa.net

telephone:  058 256 1391

mobile phone: 082 069 3635

www.facebook.com/clarens.interiors

address: 279 Main Street, Clarens.